Jaarboeke

Metodiek van Kunsopvoeding 430


 
Modulekode JMK 430
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Die klem in hierdie module word op ’n teoretiese sowel as praktiese inhoudskennis van die spesifieke vakdissipline geplaas, asook op die effektiewe versameling, analisering, organisering en kritiese evaluering van die kreatiewe proses soos voorgeskryf deur die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) en beleidsdokumente.
Hierdie module stel die student in staat om deur probleemstelling, beplanning en aanbieding die leerinhoud as suksesvolle opvoeders verantwoordelik en effektief te kan onderrig. 

Modulekrediete 12.00
Voorvereistes Mag slegs in die finalestudiejaar geneem word
Kontaktyd 4 lesings per week in Semeser 1 in Kwartaal 1, 4 lesings per week in Semeser 2 in Kwartaal 4
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1 en Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences